Woelie Woeps

Woelie Woeps Kleuterskool | Waar ons speel, lag, woeker en werk!

Missie:

Die preprimêre skool Woelie Woeps

  • Die woord van God dien as rigsnoer vir alle aktiwiteite
  • Afrikaans is die medium waardeur alle kommunikasie plaasvind
  • Word daarna gestreef om aan alle kleuters geborgenheid te verskaf in ʼn beskermde omgewing
  • Word kleuters deur middel van gebalanseerde aktiwiteite sinvol voorberei om hul roeping as Christen-gelowige in hul vaderland na te kom
  • Word gestreef na hartlike samewerking tussen ouers, onderwysers en die gemeenskap
  • Vind opvoedende onderrig op informele wyse plaas ooreenkomstig die vlak van die kleuter

Toelatingsbeleid:

Kleuters word slegs toegelaat as:

  • Die ouers bereid is om te aanvaar dat die Woord van God as rigsnoer geld vir onderrig in hierdie skool en dat Christelike waardes nagestreef word
  • Die ouers aanvaar dat Afrikaans die onderrig medium sal wees
  • Nie jonger as 3jr en nie ouer as 6jr oud is nie
  • Wat reeds van die doek af is
  • Die ouers bereid is om volkome saam te werk in belang van die skool
  • Die ouers aanvaar dat alle aansoeke om toelating onderhewig is aan die finale goedkeuring van die Bestuursliggaam

Woelie Woeps Kleuterskool Skoolreëls:

  • Aankoms- en vertrektyd:
    • Die skool se hekke open stiptelik om 07:00. Voëltjies moet 08:00 aanmeld, Hasies en Beertjies 08:30.
    • Die hek maak van Maandag tot Donderdag om 12:30 oop en op ʼn Vrydag om 12:00.
    • Tye kan verander soos deurgegee sal word deur die onderwysers.
  • Sekuriteitsmaatreëls:
    • Indien ʼn ander persoon u kleuter kom afhaal moet u die onderwyser vooraf in kennis stel. Geen persoon sal sonder die toestemming van die ouers kleuters van die terrein af kan neem nie.
  • Etenstyd:
    • Kleuters moet ʼn gemerkte kosblik met GESONDE verversings bring.
    • GEEN lekkergoed, koekies, kolwyntjies, sjokolade, muffins of skyfies word toegelaat nie.

Die volgende word wel toegelaat:

Toebroodjie, Provitas, vrugte (geskil en gesny), gedroogte vrugte, groente, kaas, ham, droëwors/ biltong, grondboontjies/ rosyntjies,
neute, viennas, ontbytstafie, Mini Cheddars, sout koekies of jogurt (met ʼn lepel).

  • Verjaarsdagpartytjies:

Reël asb. vooraf met kleuter se onderwyser. Slegs kolwyntjies/ koek mag gestuur word. Die verjaarsdagmaatjie ontvang in die klas ‘n kroon, ander maats sing en kersies word geblaas. Daarna duur partytjie verder vir ±20min.

  • Klere en skoene:

ALLES moet asb. gemerk wees. Verlore klere word in die “lost and found” boks gebêre. Dogters moet asb. “ski-pants” onder hulle rokkies/ rompies aantrek. Alle leerders moet asb. onderklere dra. Dit is beter dat kleuters nie belde aansit skool toe nie. Geen super-held klere met vlerke/ maskers ens. word toegelaat nie. Ons het fantasieklere vir buitespel.

  • Speelgoed en juwele:

GEEN kleuter mag hul eie speelgoed skool toe bring nie (stickers/ boeke/ penne/ inkleurboeke en balle is OOK speelgoed). Dogters moet asb. nie krale/ armbande/ krone/ vlerkies/ hoëhakskoene skool toe bring nie. Hulle aandag word daardeur afgelei en dit word ook as “afpersmiddel” teenoor maats gebruik. Seëlringe word op eie risiko gedra.

  • Hare:

Seuns se hare moet kort en netjies wees. Dogters se hare moet asb. uit hul oë wees.

  • Kopluise:

GEEN kleuter word by die skool toegelaat indien hul kopluise het nie. Ouers word dadelik geskakel as dit opgemerk word.

  • Medikasie:

Slegs medikasie vir siek kleuters word gegee. U moet toestemming gee dat u kleuter medikasie mag ontvang. Moet asb. nie u kind met koors skool toe stuur nie.

  • Allergieë:

Bring asb. alle allergieë onder u kleuter se onderwyser se aandag. Stel onderwysers in kennis indien u kind enige siekte of/en kindersiekte onderlede het

  • Algemeen:

Geen ouer/jonger boeties, sussies, nefies, niggies, vriende of bediendes word toeglaat om by Woelie Woeps te kom “kuier” nie.

  • Skoolfooie:

Alle skoolgelde is vooruitbetaalbaar