Die blootstelling aan ‘n verskeidenheid sportsoorte met die gepaardgaande vreugde van spangees, die saam wen en saam verloor, is opbouend en verrykend vir elke kind se ontwikkeling. Die ontwikkeling van ‘n nuwe ervaringswêreld wat kulturele aktiwiteite ons bied, is vormend van aard. Saamsing en dans op die maat van musiek tydens revue oefening en optredes, of om jou sê te kan sê tydens die redenaarsaand of om deel te wees van die skoolkoor wat jou die selfvertroue gee om voor ander op te tree, bou karakter. ‘n Waardestelsel waarbinne elke kind veilig en geborge kan voel, word uitgeleef om die vormingswerk, wat u alreeds by die huis begin, te volvoer. Elke kind is uniek en hier word ‘n plek vir elke kind geskep.