Kultuur

Ons bied die volgende Kultuur aktiwiteite aan:

Kultuur:

 

  • Olimpiades
  • Musiek
  • Jeugaksies

 

 

  • Redenaars
  • Eisteddfod
  • ATKV

ATKV

Vrede Skool het ‘n trotse tradisie om elke jaar die Redenaarsaand aan te bied waar leerders hul vernuf in Afrikaans uitbeeld. Die ATKV deelnemers van die skool neem elke jaar aan die Artisticulta-redenaarskompetiesie deel. Wat jaarliks in Frankfort aangebied word.’n Aantal leerders het hul taal vernuf bewys deur om deur te dring na die finale rondte.

Vrede Skool neem elke jaar aan die ATKV-redenaarskompitiese deel. In 2019 het Vrede Skooldeurgedring na die semi-finaal rondte.

Oppie-Tong se Oos-Vrystaat kompetisie 2020, wat by Vrede Skool sou plaasvind, was weens die pandemie omgeskakel na ‘n virtuele redenaarskompetisie. Waar twee van ons leerders na die finaal deurgedring het. 

Alle inskrywings vir die ATKV-redenaars word deur die skool behartig.

Eisteddfod

Harrismith Eisteddfod, ‘n fees van kunste! Hier gaan dit oor geleentheid en bemagtiging. ‘n Geleentheid om die klein vonkie kreatiwiteit in jou aan te blaas om ‘n vuur te word wat groot en helder brand. Bemagtiging om jou kreatiewe gedagtes ‘n realiteit te maak.

Ons vat hande met ouers, onderwysers en afrigters om die passie en energie van lewendige optredes terug te bring. Danksy wonderlike borge op nasionale vlak soos die ATKV en UNISA, ons plaaslike besighede in die gasvryheidsbedryf en bekwame beoordelaars kan ons 2020 se grendels breek.

Die Covid-inperkings word dopgehou en indien genoodsaak, sal aanpassings gemaak word. Vincent van Gogh het gesê: “I am seeking, I am striving, I am in it with all my heart.” Oos-Vrystaat, ons is gereed!