Koshuis

Jou huis weg van die huis

Klok Tye
Wakker Word
06:15
Opstaan
06:25
Inspeksie
06:30
Stilte
06:40
Ontbyt
13:40
Middagete
14:15 - 15:00
Studie (Hoërskool)
14:15 - 15:00
Sportafrigting (Laerskool)
17:30
Aandete
19:00 - 20:00
Eerste Studie (Hoërskool en Laerskool)
20:00 - 20:20
Breuk (Laerskool hou stilte en ligte uit)
20:20 - 21:20
Tweede Studie (Hoërskool)
22:00
Ligte uit (Hoërskool)

SPORT:     Maandag, Dinsdag , Donderdag

Dorpsdag: Woensdag – gewone klere

Personeel aan diens LA

Maandae

Lilene Koekemoer
072 454 0614
Dinsdae
Anzel Moolman
071 203 1952
Woensdae
Retha Malan
082 448 6685
Donderdae
Rencia van Aswegen
082 572 7514

Personeel aan diens HA

Maandae

Janco Els
082 684 2245
Dinsdae
Leandré van Wyk
071 686 1840
Woensdae
Johan Malan
072 796 6612
Donderdae
Deon Nel
072 298 0056

Addisionele personeel

Jené Smuts
076 910 0680
Benrico Kruger
078 543 5660

Studietye:

LA
Maandae – Donderdae 19:00 – 20:00
Graad 1-3 leerlinge meld in die middae van 12:30 by Juf. Nona aan vir individuele aandag met lees- en skryfvaardighede

HA
Maandae – Donderdae     14:15 – 15:00 (Kamerstudie)
Maandae – Donderdae     19:00 – 20:00 (1e studie)
20:20 – 21:20 (2e studie)
Woensdae is dorpsdag 14:00 tot 17:00

Indien ‘n leerling nie by die koshuis gaan wees nie of oorslaap, moet Personeel aan diens inkennis gestel word om nodige te tref. GEEN leerling mag hom- of haarself uitteken nie. Slegs ouers mag ʼn kind uitteken. Indien iemand anders u kind uit teken moet die Personeel aandiens ook inkennis gestel word.

Snoepietye

Maandae – Donderdae 18:30 – 19:00 en 20:00 – 20:20

Basiese koshuisreëls:

  1. Leerders voorsien hul eie beddegoed. Daar is geen voorskrifte in verband hiermee nie.

  2. Slegs die voordeur van die koshuis sal oop wees op die dag waarop die skool begin van elke kwartaal, waar losies betaalbaar sal wees voordat toegang tot die koshuis verkry kan word. Geen sakke, tasse, beddegoed ens. mag die koshuis binnegaan voordat die losies vir die kwartaal betaal is nie.

  3. Gedurende die week sal koshuisdeure gesluit wees vanaf 7:30 tot 12:30.

  4. Indien ‘ n leerling gedurende skoolure die koshuis wel binnegaan moet hy/sy skriftelik toestemming kry vanaf die skoolhoof of ‘n personeellid. Toegang kan by die koshuis verkry word waar die matrones beheer daaroor sal uitoefen.

  5. Pakkies wat binne skoolure afgegee word moet by die matrones by die kombuis afgegee word wat dit aan die betrokke kind sal besorg.

  6. Om wasgoed te laat was gedurende die week moet dit met betrokke matrone gereël word. Indien wasgoed weekliks gewas word moet ‘n addisionele bedrag van R100 per kwartaal vooruit betaal word.

  7. Indien ‘n leerling by die koshuis bly a.g.v. siekte of om een of ander rede, moet hy/sy dit by die diensdoende personeel aanmeld. Indien nodig sal die matrones die ouers kontak.

  8. Alle leerlinge wat die terrein verlaat se ouers moet hulle by die portale in – en uitteken. Geen leerling sal toegelaat word om die terrein te verlaat alvorens die ouers nie toestemming daarvoor gegee het nie. Ouers sal ook nie toegelaat word om ander leerlinge op te laai om dorp toe te gaan sonder die toestemming van die personeel aan diens of die koshuisouers. Leerlinge wat gaan uitslaap se ouers moet toestemming gee.

  9. Leerlinge word nie toegelaat om van kamers te verander sonder die toestemming van koshuisouers nie.

  10. Foute in kamers wat deur leerlinge veroorsaak word moet deur leerlinge self (of ouers) herstel word. Indien daar kostes verbonde is moet dit deur die leerling self gedra word. Indien die skuldige nie opgespoor word sal al die leerlinge in die kamer verantwoordelik gehou word. Ruite wat deur leerlinge gebreek word a.g.v. roekeloosheid sal op ouers se kostes herstel word.

  11. Geen eetgerei mag uit die eetsaal verwyder word nie.

  12. Geen suiker, melk, botter ens. mag uit die eetsaal verwyder word nie. Leerlinge mag wel ‘n toebroodjie maak om uit te neem.

  13. Kamers en kaste moet te alle tye netjies wees.

  14. Laat badkamers skoon na gebruik.

  15. Gedurende stiltetyd en na ligte uit moet stilte gehandhaaf word. Indien ‘n leerling laat ligte wil hê word daar met die personeel aan diens gereël.

  16. Leerlinge moet reageer op klokke. Moet asb. nie op mure of kaste skryf of krap nie. Dit geld ook vir skoolbanke in kamers en in die studiesaal.

  17. Geen dorpskinders word in die gange, badkamers en kamers toegelaat nie. Hulle mag egter van die geriewe by die studiesaal gebruik maak.

  18. Graad 12 leerlinge mag radio’s, ketels en haardroërs hê. Radio’s mag nie ‘n steurnis vir ander wees nie. Matrieks mag verlengstukke na hulle kamers hê.

  19. Seuns en dogters word nie in mekaar se gange of kamers toegelaat nie.

  20. Leerlinge van Hoër Afdeling word nie toegelaat in gange en kamers van Laer Afdeling en anders om nie.

  21. Leerlinge mag nie alkoholiese drank, dwelmiddels en sigarette gebruik of in besit daarvan wees nie. Geen leerling mag die koshuisterrein betree onder die invloed van drank of dwelmiddels nie.

  22. Kaste moet gesluit wees wanneer leerlinge nie in die kamers is nie. Geld, selfone ens. en waardevolle artikels is die leerling se eie verantwoordelikheid en moet te alle tye toegesluit wees.

  23. Niemand word toegelaat om in die gange te speel, lawaai of hardloop nie.

  24. Indien ‘n leerling nie ete gaan bywoon nie moet die ouers wat die leerlinge uitteken met die matrones reël wanneer die leerlinge weer sal terug wees vir ete.

  25. Indien ‘n leerling enige medikasie moet ontvang moet die matrones daarvan in kennis gestel word. Asook leerlinge wat bv. suikersiekte het en leerlinge wat spesiale kos moet eet.

  26. Geen besoekers behalwe ouers word na 19:00 by die koshuis toegelaat nie.

  27. Geen fisiese kontak (vryery) tussen seuns en meisies nie.

28. Die volgende oortredings sal lei tot uitsetting uit die koshuis. Die tydperk van uitsetting word ook aangedui.

  • Onder invloed of in besit van dwelms – Permanent

  • Onder invloed of in besit van drank – 6 skoolweke

  • Enige vorm van sosiale media wat die beeld van die koshuis en skool skade berokken – 1 jaar.

Die volgende oortredings kan ook lei tot uitsetting. Die tydperk van uitsetting sal deur die erns van die oortreding bepaal word.

  • Fisiese en verbale afkraking

  • Opsetlike beskadiging van eiendom

  • Verontregting, afknouing en intemedering van medeleerlinge.

29. Indien ‘n leerling uit die koshuis geskors word is die minimum tydperk 1 maand wat hy/sy nie in die koshuis mag bly. Dit is vakansies uitgesluit.

30. Elektriese toebehore (NIE TOELAATBAAR): Dompelaars, strykysters, verwarmers, elektriese komberse en yskaste.

31. Skootrekenaars en rekenaars word op skriftelike versoek toegestaan aan leerders wat dit gebruik vir akademiese doeleindes.

32. Leerlinge wat onder to Top 10 val vanaf Graad 8 – 12 mag in kamers studeur.