Inligting

Busroetes:

Maandae en Vrydae vanaf en na Cornelia, Memel, Standerton en Warden

Daaglikse vervoer vanaf en na Standerton.

Vir verdere navrae kontak Mnr HG Botha 079 823 2395

Verskaffers:

AS Cairncross, Kerkstraat, Vrede 9835
Tel: 058 9131068

Wik en Weeg, Bothastraat 43, Vrede 9835
Tel: 058 9131744     

Akademie

Sport

Kultuur

SKOOLDRAG

Ons is baie trots op skooldrag en steun op ouers om te sorg dat leerders te alle tye reg en netjies geklee skool toe sal kom.  Daar word te alle tye van leerders verwag om netjies in skooldrag geklee te wees.  So ook op die sportvelde.  ‘n Vasgestelde skooldrag, asook sportdrag is by verskeie verskaffers in die dorp beskikbaar. Alle klere moet asseblief duidelik gemerk word. 

Dinsdae en Donderdae trek Graad 1 – 9 SPORTDRAG aan soos hieronder uiteengesit.

KLEREDRAG REGULASIES VIR DIE SKOOL

Hoërskool Seuns

SOMER:  

Grys kortmou hemp
Grys kortbroek
Grys knielengte kouse
Swart (toeryg) skoolskoene of sonder veters (slip-ons) (skoon asb.)

WINTER:

Wit hemp
Skooldas 
Grys langbroek
Kouse en skoene soos vir somer
Koningsblou skooltrui
Kleurbaadjie (Maandae en Vrydae verpligtend)

Hoërskool Dogters

SOMER:  

Koningsblou skoolrok met wit kraag en wit omslagmou. 
Wit kort kouse
Swart skoolskoene. (skoon asb.)

WINTER:

Wit hemp
Skooldas
Koningsblou langbroek
Wit kouse en swart skoolskoene soos vir somer
Kleurbaadjie (Maandae en Vrydae verpligtend)
Koningsblou trui

Laerskool Seuns

SOMER:   

Grys kortmou hemp
Grys kortbroek
Grys knielengte kouse
Swart (toeryg) skoolskoene of sonder veters (slip-ons) (skoon asb.)

WINTER:  

Wit hemp
Skooldas
Grys langbroek
Kouse en skoene soos vir somer 
Navy-blou Dri-mac skoolbaadjies 
Koningsblou skooltrui

Laerskool Dogters

SOMER:  

Koningsblou skoolrok met wit kraag en wit omslagmou.
Wit kort kouse
Swart skoolskoene(skoon asb.)

WINTER:

Wit hemp
Skooldas
Koningsblou langbroek
Wit kouse en swart skoolskoene
Navy- blou Dri-mac baadjie
Koningsblou trui

Provinsiale Drag

Volledige Provinsiale Drag mag Vrydae gedra word.

Toelaatbaar:  

Skoolserp
Meisies wit of donkerblou haarlinte, knippies of rekkies, bruin “grips”.
Winter en Somerdrag mag nie gemeng word nie.

Sportdrag:

SOMER: Blou VREDE kortbroek en rooi sporthemp.  

WINTER: Sweetpak met rooi hemp of navy langmou T-hemp.  Sportdrag word aangetrek na sportbyeenkomste.

Winterdrag vanaf 1 Mei en somerdrag vanaf 1 September of op ‘n datum wat deur die Skoolhoof bepaal word.
Gedurende die somer is somerdrag en gedurende die winter is winterdrag verpligtend.