Vrede Skool

gestig in 1907

Ons Akademie

Ons skool het tans ongeveer 300 leerders vanaf graad R tot graad 12. Ons onderrigtaal is uitsluitelik Afrikaans.
Ons kleuterskool, Woelie Woeps, wat ouderdomme vanaf 3 jaar oud toelaat, is direk langs Vrede Skool.

Ons leerders is nie net ‘n nommer nie. Elke leerder kry gehalte aandag. Akademie geniet ons hoogste
prioriteit. Ons spog met top onderwysers met ‘n passie vir hul roeping. Matriekuitslae van die laaste
28 jaar met ‘n 100% slaagsyfer getuig daarvan!

Keusevakke vanaf graad 10 sluit die volgende in:

Wiskunde, Wiskunde Geletterdheid, Rekeningkunde, Besigheidstudies, Gasvryheid, Toerisme, Rekenaartoepassingtegnologie,
Ingenieursgrafieka en Ontwerp, Landbou Tegnologie, Geografie, Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskap.

TOP TIEN
Erkenning word aan die einde van kwartale 1, 2 en 3 gegee aan die top tien presteeders van grade 4 -12. ‘n Prysuitdeling word gehou in die vierdie kwartaal waar erkenning gegee word aan die top presteerders op akademiese, sport sowel as kultuurgebied.

Ons leerders word ook aangemoedig om aan Wiskunde en Afrikaanse olimpiades deel te neem.

Hoger-Op Koshuis

Jou huis weg van jou huis. By Hoger-Op koshuis gaan jy letterlik voel asof jy by die huis is. Met ons koshuisvader en -moeder,
Mnr Werner en Juf. Chantelle Prinsloo wat met liefde en geduld die nodige dissipline toepas en sorg dat elkeen van die koshuiskinders
tuis voel en Tannie Miekie Pretorius wat sorg vir etes uit die boonste rakke, gaan jy nie eens dink aan jou huis nie!

Etes van hoogstaande gehalte word daagliks vir die kinders voorberei. Daar is ook inwondende onderwysers wat help met toesig en
leerwerk in die middae.

Ons koshuis bestaan uit ‘n meisiesvleuel en ‘n afsonderlike seunsvleuel.

BUSSE:
Ons het busse wat elke Maandagoggend en Vrydagmiddag van Vrede na Memel, Warden, Standerton en Cornelia ry.

Sport

Ons klein skool spog met groot prestasies op sportgebied. Ons Eersterugbyspan wen in 2022 die Kovsie-liga en in 2024 word hulle aangewys as Kovsie Naaswenners. Ons Eerste Netbalspan is in 2025 die OVS-Naaswenners terwyl beide ons o/11 rugby- en netbalspanne OVS liga-wenners is in 2025. Ons skool bied tans rugby, netbal, hokkie, krieket, tennis, skaak en gholf aan. Ons gee ook erkenning aan buite aktiwiteite soos SANESA, ruiterkuns, dans, stoei, swem en ballet.

 

Ons atlete geniet ook die fasiliteite van die Johann Portwig Sportsentrum wat direk langs die skool geleë is. Die sportsentrum spog met topklas oefenapparaat asook ‘n olimpiese standard, verhitte swembad.

Dr. Riaan Schoeman, ‘n ervare sportwetenskaplike, maak seker dat ons atlete top gehalte afrigting en kondisionering ontvang.

Kultuur

Kultuur geniet n hoë prioriteit by ons klein Afrikaanse skooltjie. Ons neem graag deel aan items soos ATKV Redenaars,
Aristatu Redenaars, Senekal Redenaarsfees. Eisteddfod, Tienertoneel en skoolkonsert. Ons leerders behaal baie goeie
resultate en geniet elke oomblik daarvan.

Kultuur 2 copy

Skooltye

Graad 1 tot 12:

 MaandagDinsdagWoensdagDonderdagVrydag
Graad 1:07:4007:2007:2007:2007:20 (opentye)
12:0012:0012:0012:0012:00 (sluittye)
 
Graad 2:07:4007:2007:2007:2007:20 (opentye)
12:3012:3012:3012:3012:00 (sluittye)
 
Graad 3:07:4007:2007:2007:2007:20 (opentye)
13:0013:0013:0013:0012:00 (sluittye)
 
Graad 4-12:07:4007:2007:2007:2007:20 (opentye)
13:3013:3013:3013:3013:00 (sluittye)

Skoolweke wat begin op ‘n Dinsdag of Woensdag na ‘n publieke vakansiedag begin om 07:40 soos op ‘n Maandag.

Op die eerste dag van die nuwe jaar begin die skool om 08:30 met saalopening. Die skool sluit op die laaste dag van elke kwartaal om 10:00 tensy ander reëlings vooraf getref word. Op die Vrydag voor ‘n publieke langnaweek sluit die skool gewoonlik om 11:40 tensy ander reëlings getref word.

Klerewinkel

Die klerebank tye is as volg:

Maandae en Woensdae: 08:00 tot 10:00

Vrydae: 10:00 – 12:00

Leerders wat gedurende skooltyd die klerebank benodig moet tydens pouses kom.

Enige navrae in verband met die klerebank kan gerig word aan:

Tel: 0589131003

Die klerebank is in die laaste vertrek reg oorkant die snoepie.

Kontak Ons

Landlyn: 058 913 1003
 079 301 2277
E-pos: hsvrede@internet-sa.co.za
Finansies: hsvredefin@internet-sa.co.za
Google Maps Plus Code: H586+6X Vrede

#vredeskool
www.vredeskool.co.za

 

22 Reyneke Straat
Privaatsak X7
Vrede
9835